Papoea-Nieu-Guinee

Onafhanklike Staat Papoea-Nieu-Guinee
Independent State of Papua New Guinea (Engels)
Independen Stet bilong Papua Niugini (Tok Pisin)
Independen Stet bilong Papua Niu Gini (Hiri Motu)
Vlag van Papoea-Nieu-Guinee Wapen van Papoea-Nieu-Guinee
Vlag Wapen
Nasionale leuse: Unity in diversity[1]
(Engels vir: "Eenheid in verskeidenheid")
Volkslied: O Arise, All You Sons[2]
(Engels vir: "O staan op, al jou seuns")

Koninklike volkslied: God Save the King
(Engels vir: "God beskerm die koning")
Ligging van Papoea-Nieu-Guinee
Hoofstad Port Moresby

9°30′S 147°07′O / 9.500°S 147.117°O / -9.500; 147.117

Grootste stad Port Moresby
Amptelike tale Engels, Hiri Motu, Tok Pisin en Papoea-Nieu-Guinese gebaretaal[3][4]
Regering

Monarg
• Goewerneur-generaal
Eerste minister
Unitêre parlementêre
grondwetlike monargie
Charles III
Bob Dadae
James Marape
Onafhanklikheid
• Administratiewe unie van
Papoea en Nieu-Guinee
• Verklaar en erken
van Australië

1 Julie 1949
16 September 1975
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
462 840[3] km2  (57ste)
178 700 myl2
2
Bevolking
 - 2023-skatting
 - 2011-sensus
 - Digtheid
 
9 819 350[3] (93ste)
7 275 324[5]
15 / km2 (201ste)
38,8 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2024-skatting

$44,885 miljard[6] (124ste)
$3 581[6] (145ste)

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2024-skatting

$32,890 miljard[6] (110de)
$2 624[6] (129ste)

MOI (2021) 0,558[7] (156ste)  –  laag
Gini (2009) 41,9[8] –  medium
Geldeenheid Kina (PGK)
Tydsone
 - Somertyd
AOST (UTC+10, +11)
nie toegepas nie (UTC+10, +11)
Internet-TLD .pg
Skakelkode +675

Papoea-Nieu-Guinee (PNG; Engels: Papua New Guinea; Tok Pisin: Papua Niugini; Hiri Motu: Papua Niu Gini), amptelik die Onafhanklike Staat Papoea-Nieu-Guinee (Engels: Independent State of Papua New Guinea, Tok Pisin: Independen Stet bilong Papua Niugini, Hiri Motu: Independen Stet bilong Papua Niu Gini), is ’n eilandstaat in Oseanië net suid van die ewenaar met ’n oppervlakte van 462 840 km² en ’n bevolking van 9 819 350 in 2023. Papoea-Nieu-Guinee is oos van Indonesië, suidoos van Palau, suid van die Gefedereerde State van Mikronesië, wes van Nauru en die Salomonseilande en noord van Australië geleë. Die hoofstad en grootste stad is Port Moresby wat in die suide van die land langs die Koraalsee geleë is en die Nasionale Hoofstaddistrik (Engels: National Capital District, NCD) vorm.

Nasa-Satellietbeeld van Papoea-Nieu-Guinee
Kaart van Papoea-Nieu-Guinee
Kaart van Papoea-Nieu-Guinee

Papoea-Nieu-Guinee is naas Madagaskar en Indonesië die derde grootste eilandstaat in die wêreld. Dit bestaan uit die oostelike deel van die eiland Nieu-Guinee, wat die grootste deel vorm, die Bismarckargipel met groot eilande soos Nieu-Brittanje en Nieu-Ierland asook die outonome gebied rondom die eiland Bougainville, wat geografies, maar nie polities nie tot die Salomonseilande behoort. Naas al die eilande word die Papoea-Nieu-Guinese geografie veral deur die Bismarcksee in die noorde en die Salomonssee in die suidooste gekenmerk. Van die eilandstaat se langste riviere is die Fly en die Sepik. Albei riviere ontspring in die sentrale Viktor Emmanuel-bergreeks in die Westelike provinsie; terwyl die Fly in die suidelike Koraalsee uitmond, vloei die Sepik in die noordelike Bismarcksee.

Papoea-Nieu-Guinee is ’n grondwetlike monargie binne die Britse Statebond met Charles III as staatshoof. Die land het op 16 September 1975 van Australië onafhanklik geword, nadat Papoea-Nieu-Guinee deur sy suidelike buurland vir sowat 60 jaar regeer is. Tot die Eerste Wêreldoorlog is die eiland Nieu-Guinee deur drie koloniale magte beheers: Die Duitse Keiserryk in die noorde, die Verenigde Koninkryk in die suide en Nederlands-Indië in die weste. Op 1 Julie 1949 is die Australiese gebiede van Papoea en Nieu-Guinee as die Gebied Papoea en Nieu-Guinee saamgesluit. Dit is sedert 1976 ’n waarnemerland van ASEAN en het in 2015 sy aansoek ingedien vir volle lidmaatskap.[9]

Papoea-Nieu-Guinee is een van die kultureel mees diverse lande in die wêreld. Hier word sowat 851 verskillende tale gepraat,[10] waaronder die Engelse kreooltaal Tok Pisin, die Austronesiese taal Hiri Motu en verskeie Papoeastale wat nie ’n taalfamilie in sy eie reg vorm nie, maar ook nie tot een van die ander taalfamilies behoort nie. Die Trans-Nieu-Guinese tale is die grootste taalfamilie binne die Papoeastale.

  1. (en) Somare, Michael (6 Desember 2004). "Stable Government, Investment Initiatives, and Economic Growth". Keynote address to the 8th Papua New Guinea Mining and Petroleum Conference. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Maart 2008. Besoek op 9 Augustus 2007.
  2. (en) "Never more to rise". The National. 6 Februarie 2006. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Julie 2007. Besoek op 19 Januarie 2005.
  3. 3,0 3,1 3,2 (en) "Papua New Guinea". Central Intelligence Agency. Besoek op 10 Maart 2024.
  4. (en) "Sign language becomes an official language in PNG". Radio New Zealand. 21 Mei 2015. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Junie 2019. Besoek op 7 Februarie 2021.
  5. (en) "Final Figures Booklet". Papoea-Nieu-Guinese regering. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 September 2015. Besoek op 7 Februarie 2021.
  6. 6,0 6,1 6,2 6,3 (en) "Papua New Guinea". Internasionale Monetêre Fonds. Oktober 2023. Besoek op 10 Maart 2024.
  7. (en) "Human Development Report 2021/2022" (PDF). United Nations Development Programme. 2021. Besoek op 10 Maart 2024.
  8. (en) "Gini index – Papua New Guinea". Wêreldbank. Besoek op 10 Maart 2024.
  9. (en) "Papua New Guinea keen to join ASEAN". The Brunei Times. 7 Maart 2016. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Maart 2016. Besoek op 7 Maart 2016.
  10. (en) "Papua New Guinea". Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Desember 2019. Besoek op 7 Februarie 2021.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search